CrimeNews

Rowers deur muur ná jaagtog

Rowers jaag deur buitemuur in ’n poging om van die Silverton-polisie te ontsnap.

Die Silverton-polisie is steeds warm op die spoor van verdagtes wat gister teen ’n huis se buitemuur in Meyerspark gejaag het.

Volgens polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mike Mbewe, het die verdagtes tydens ’n hoë spoedjaagtog teen ’n ander voertuig gebots terwyl hulle van die polisie probeer vlug het. Na dié botsing het hulle deur ’n huis se buitemuur gejaag waarna hulle te voet gevlug het.

Die ongeluk het omstreeks 11:00 op die hoek van Carinus- en Margarithastraat plaasgevind.

Hy het gesê die gesteelde voertuig is ’n silwer Chevrolet Cruz wat verlede Sondag tydens ’n huisinbraak gesteel is. Twee verdagtes was in dieselfde voertuig buite ‘n kompleks in Bronkhorstspruit gewaar waar hulle glo wou inbreek.

Die verdagtes was op Woensdagoggend besig om ’n huisbraak uit te voer toe die Silverton-polisie hulle op heterdaad betrap het. Die polisie het hulle agterna gesit, maar die verdagtes het ontsnap nadat hulle oor ’n stopstraat, teen ’n Peugeot en daarna ’n huis se buitemuur vasgejaag het.

Slegs een verdagte was tydens die Silverton-huisbraak deur die polisie opgemerk.

“Die bestuurder van die Peugeot het gelukkig slegs met ligte beserings weggekom. Die honde-eenheid, die Silverton-polisie asook ’n polisiehelikopter het die omgewing gefynkam sonder enige sukses,” het Mbewe gesê.

Die polisie het hul patrollies in die omgewing verskerp in die hoop om die verdagtes op te spoor. Die soektog duur voort.

’n Saak van roekelose en nalatigebestuur word ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button