CrimeNews

Kapers beland in swembad

Kapers jaag deur grensmuur en beland in swembad.

Daar is min dinge wat ’n mens vroegoggend verwag om te gebeur, en kapers wat in jou swembad beland is sowaar nie een van hulle.

Faan Steenkamp van Wierdapark is ’n grensmuur armer nadat twee vermeende kapers Maandagoggend omstreeks 06:45 regdeur die muur gejaag het en in sy swembad beland het.

“Ek was reeds by die werk gewees toe ek die oproep ontvang dat kapers deur my muur gejaag het. Toe ek daar aankom was die silwer Renault Sandero steeds halfpad in my swembad,” het Steenkamp gesê.

Volgens Steenkamp het die twee kapers ’n voertuig in Estcourtstraat gekaap, die bestuurder twee blokke verder uitgegooi en daarna weggejaag. Die bestuurder van die Renault is gekaap net nadat hy sy kind by ’n kleuterskool afgelaai het.

“Hulle het op ’n onverklaarbare wyse beheer oor die voertuig verloor en deur my grensmuur gejaag.

Sover ek weet is daar geen beserings nie.”

Die twee verdagtes het uit die voertuig gespring en te voet gevlug.

Kaptein Angus Huma van Wierdabrug-polisiestasie het teen druktyd geen terugvoer verskaf nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button