Sirkel ‘n gevaar.
Inwoners wil hê iets moet gedoen word oor die sirkel op die hoek van Claremont en Mootstraat in Daspoort voor nog mense dood gaan.
Inwoners van Claremontstraat in Daspoort raadop oor motorongelukke by ‘n die sirkel op die hoek van Moot en Claremontstraat .
“Baie ongelukke gebeur hier,” vertel Elizabeth Thomas wat in Claremontstraat woon.
“Die plek is gevaarlik. Iets moet gedoen word oor daardie sirkel voor daar nog mense dood is.”
Elizabeth se buurman is onlangs dood nadat hy by die sirkel raakgery is.
Haar kleinseun Frankie Thomans sê dit was nie die eerste keer dat die sirkel ‘n lewe eis nie.
“Daar is baie ongelukke omdat mense die sirkel ignorer. Dinge was beter toe daar ‘n stopteken was want mense het gestop. Nou ry hulle deur die sirkel.
Elizabeth sê daar is baie kinders wat die straat gebruik en blootgestel is aan motoriste wat roekeloos bestuur.
Kommentraar van die polisie kon nie onmiddellik verkry word nie.
