MunicipalNews

Oop mangat drein ‘n gevaar

Inwoner het amper in ‘n oop mangat geval toe hy werk toe loop.

‘n Inwoner van Hercules het op pad werk toe amper in ‘n diep drein geval deur ‘n oop mangat.

Amelia van der Merwe sê die deksel van die gat op die hoek van Alter en Saniestraatgat is verlede Maandag gesteel. Sy het die problem by Tshwane-metro aangemeld, maar niemand het daarop ag geslaan nie.

Haar seun Suthren Lowe stap daaglikd na Bremerstraat vir ‘n ry-geleentheids en hy het amper in die mangat geval.

“Die drein is baie gevaarlik vir mense en kinders wat daar loop. My seun Suthren het vir my gesê die drein is te diep,” sê Van der Merwe.

Sy is bekommerd dat die oop mangat ‘n ernstige gevaar vir kinders kan inhou.

Die deksel is waarskynlik gesteel om om as skrootmetaal verkoop te word.

Polisie het ‘n beroep op skrootmetaal-handelaars gedoen om nie onwettig staal te koop nie en mense te rapporteer wat sodanige staal van die hand probeer sit.

Tshwane metro is bewus gemaak van die oop mangat en het onderneem om werk te maak van die probleem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button