Local newsMunicipalNews

Kleuter val in oop mangat

'n Kleuter van Eersterust se been is nerfaf nadat sy verlede week in 'n oop mangat geval.

Inwoners van Eersterust is keelvol oor ‘n gevaarlike oop mangat waarin ‘n vyfjarige kleuter verlede week beland het. Sy het verlede Donderdagoggend naby die gat verbygeloop en daarin geval.

Haar oupa Derek White sê sy het wonder bo wonder nie erg seergekry nie.

“Sy het baie groot geskrik en ek het toe eers besef hoe diep en gevaarlik die mangat is, want sy kon nie self uitklim nie. Ek moes self halfpad inklim om haar daar uit te haal,” het White gesê.

Sy het met ‘n nerfaf maermerrie en ‘n paar bloukolle ontsnap, maar White is bekommerd dat iemand anders dalk nie so gelukkig kan wees nie.

“Ek wil nie eens dink aan wat kon gebeur het as daar water in die mangat was nie,” het hy gesê.

Dié mangat in Frank Adamsstraat is glo al vir sowat twee maande sonder ‘n deksel en inwoners vrees dat dit ‘n gevaar vir hulle en veral hul kinders inhou.

Volgens White is die mangat in ‘n besige straat waar baie skool kinders in die middae verbystap oppad huistoe.

“Bebewens die moontlikheid van nog ‘n ongeluk, is daar baie kinders wat nuuskierig is oor die gat en daar speel.”

‘n Buurman van White, wat anoniem wil bly, sê dat hy die Tshwane-metro al telkemale van die mangat in kennis gestel het. Daar is steeds geen terugvoer van hulle nie.

Die Tshwane-metro het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button