Wen kaartjies en lag jou pap
Drie gelukkige lesers kan elk uitsien na 'n vertoning wat beloof om die lagspiere te prikkel.

Diegene wat al die gesoute akteurspaar Wilson Dunster en Eliza Caywood in aksie gesien het sal weet dat die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? nie ‘n vertoning is wat misgeloop kan word nie.
Dis ‘n doodgewone dag in Bertie en Alfrieda Botha se lewens. Hulle is twee ou getroudes wat hulself ongevraag in ‘n krisis bevind.
Vandag blyk ‘n baie belangrike dag te wees en dit is nie net die pille en brille, stywe litte of nuwe tegnologie-wat-nie-saamwerk, wat die probleem is nie, nie een van die twee kan onthou wat maak die dessitse datum so belangrik nie!
Hulle kry ‘n telefoonoproep wat aandui dat daar vanaand ‘n partyjie by hulle huis gaan wees, en hulle weet nie wat die okkasie is nie! Dit veroorsaak erge konsternasie.
Tussen wat hulle vergeet het en wat hulle onthou lê ‘n leeftyd van saamwees, goedwees, kwaadwees en liefwees.
Kry jou kaartjies vir Sondag 17 Augustus se vertoning om 15:00. Die stuk sal ook weer op 14 September om 15:00 op die planke te sien wees.
Vir meer inligting besoek info@pierneefteater.co.za of skakel (012)329-0709.
Kaartjies beloop R115 per volwassene en R95 vir skoliere, studente en pensioenarisse.
Kompetisie: Die gelukkige lesers kan elk dubbelkaartjies wen om die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? op 17 Augustus by die Pierneefteater te sien. Om in te skryf,
SMS die woord WAT en jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 15 Augustus om 12:00. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.
