MunicipalNews

Metro tree daadwerklik op teen kragkabel diefstalle

Die Tshwane-metro beplan strenger stappe om elektriese substasies teen vandale te beskerm en kabeldiefstal hok te slaan.

Die Tshwane-metro beplan strenger stappe om elektriese substasies teen vandale te beskerm en kabeldiefstal hok te slaan. ‘n Dringende, buitengewone mosie hieroor is op verlede Donderdag se raadsvergadering aanvaar.

Ina Strijdom, DA-lid belas met elektrisiteit, is vyf minute gegun om die dringendheid van die mosie te motiveer. Dit sluit ‘n amendement in op bywette wat ondersoeke by skrootwerwe moontlik maak.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die metro-polisie en alle wetstoepassingsinstansies word hierby betrek. Substasies word ook as sleutelpunte geklassifiseer.

Valhalla-inwoners by Michael, Gota en Broadway South Roads was Woensdag weer in die donker na kabeldiefstal. Inwoners van Eersterus, Voëltjiedorp, Silverton, Silvertondale en Waltloo was die afgelope maand elke week van Maandag af tot Donderdag sonder nadat kabels by ‘n Waltloo hoof-kragstasie gesteel is.

’n Afvaardiging van tien Eersterus-inwoners het toe by Donderdag se raadsvergadering opgedaag en geëis om die burgemeester oor die kragprobleme te sien. Tshwane metro burgemeester Kgosientso Ramokgopa het onderneem om die probleem dieselfde dag op te los.

Strijdom in haar mosie gesê: ”Die munisipaliteit het onlangs groot verliese gely as gevolg van diefstal van kabels by kragstasies. Dit veroorsaak nie net strukturele verliese nie, maar ook verliese van inkomste. Verdere verliese volg ook op eise wat deur inwoners en sakeondernemings as gevolg daarvan teen die munisipaliteit ingestel word. Vandaar die verslag vir groter en dringende sekuriteit by substasies.”

Strijdom het ook gesê twee wagte wat ‘n substasie oppas is onvoldoende. Substasies sleutelpunte is en moet as sodanig hanteer word. Sy het gevra dat sekerheid by substasies van die hoogste gehalte moet wees.

“Die infrastruktuur van substasies kos die munisipaliteit miljoene rande en die bestaande veiligheidsmaatreëls is totaal onvoldoende.’’ Sy het ook aangevoer dat misdadigers tydens kragonderbrekings die donker gebruik om misdaad te pleeg.

”Statistiek bewys dit. Hiernaas gebeur meer motorongelukke as gevolg van verkeersligte buite werking. Mense is laat vir werk. Die rippeleffek het verskeie ander negatiewe gevolge. Ek doen ‘n beroep op die burgemeester dat kabel-diefstalle gesien moet word as ‘n prioriteitsmisdaad wat dringende aandag nodig het.”

Jacob Mashango, ANC-lid van die burgemeesterskomitee, het die dringendheid van die mosie teengestaan. Hy het gesê na die onlangse vlaag kabeldiefstalle, sekuriteit by alle substasies opgeskerp is. Die die ANC-proporsionele raadslid, prof. Titos Khalos, het Mashango gesteun.

Strijdom het hierop geantwoord dat besoeke aan die substasies gewys het dat dit nie die geval is nie.

Johannes Coetzee van die DA het in sy repliek gesê kragonderbrekings by ander gebiede soos landbouhoewes ‘n ernstige bedreiging vir veevoeding inhou. “Naas dit, het ek sewe informele nedersettings in my wyk en die armstes onder die arm word daardeur getref. Kragonderbrekings word ‘n gesondheidsgevaar.’’

Burgemeester Ramokgopa het hierop gesê dat hy deur Strijdom oortuig is oor die dringendheid van die mosie en bygevoeg: ”Ons het rede om te glo dat deel van die sabotasies wat ons beleef, deel van interne optrede is. Dit sal egter nie vir ons moontlik wees om veiligheidsmaatreëls wat ons tref na die raad te bring en aan die groot klok te hang nie. Maar op die meriete van die mosie gaan ons akkoord met jou.”

Die mosie is daarna vir herformulering na Strijdom, Subesh Pillay en Johny Mohlala verwys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button