MunicipalNews

Geruis van water in middel van die nag maak inwoner wakker

'n Inwoner is ontsteld oor die geruis van water wat hom wakker gemaak het.

Om in die nag wakker gemaak te word met die geruis van water by sy slaapkamer-venster, was vir Huibert de Haan van Silverton, ‘n heel nuwe ondervinding.

‘’Ek was in ‘n diep slaap toe ek omstreeks 03:00 wakker gemaak is deur die vreemde geluid van water voor my slaapkamer venster,” vertel hy.

“Toe ek ondersoek instel, ontdek ek dat die water by my voordeur ingeloop het en ongehinderd die afdraande afloop na my buurman se huis agter myne.”

Hy en sy gesin het met sakke linne en sinkplate die water van die voordeur af weggekeer, en die skade in die huis was gering.

‘’Wat my egter ontstel is dat ek dadelik die munisipaliteit gebel het. My oproep is wel beantwoord, maar toe moes ek hoor: ‘Sorry Sir, we cannot help you. Our systems are down.’ Ek het daarna elke halfuur gebel en die metro se span waterwerkers het eers 08.30 hier opgedaag,” vertel De Haan.

Die was die tweede keer binne twee dae dat die hoof water-toevoerpyp in die omgewing gebars het. Die vorige keer was net ‘n entjie van De Haan se huis af. Almal in die straat se watertoevoer is weens die stukkende pyp afgesny.

‘’Die probleem is dat die pype is meer as 40 jaar oud is. Elke keer dat die pyp bars, dan las hulle net die kraak,” sê De Haan.

Vir meer nuusbrokkies, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button