Local newsMunicipalNews

Metro help vrou teen uitsetting

Tshwane-metro beveg pogings om 'n inwoner van Elandspoort uit haar huurhuis te verwyder.

Die Tshwane-metro is van plan om ‘n stokkie te steek voor pogings om ‘n inwoner van Elandspoort, Judy Botha, uit die huis te skop wat sy van die stadsraad huur.

Metro-woordvoeder Lindela Mashigo sê die betrokke munisipale departmente het in verbinding getree met die regsfirma wat glo daarop aanspraak maak dat hy die eiendom gekoop het. Die oogmerk is om die uitvoering van ‘n uitsettingsbevel teen haar te beveg.

“Botha van 24A Krupplaan in Elandspoort is die regmatige huurder van die eenheid wat sy tans bewoon, en sy het ‘n geldige huurooreenkoms met die stadraad.” Mashigo sê Botha kan nie uitgesit word nie. Die eenheid is steeds in die besit van die Tshwane-metro.

Rekord het onlangs berig oor Judy Botha wie se metro-huurhuis is na bewering deur ‘n regsfirma gekoop is.

Botha het ‘n onaangename verrassing gekry toe die balju van die hof by haar huis aankom met dokument wat hom magtig om haar en haar besittings uit die huis te verwyder.

Botha het in daardie stadium gesê dat sy nog geen hulp van die stadsraad gekry het nie.

Mashigo sê die saak ontvang op die oomblik die nodige aandag.

Botha sê: “Ek wil hê die hele ding moet uitgesorteer word. Ek wil nie altyd in vrees lewe en wonder wanneer die balju my weer besoek nie.”

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button