Clivia-forum hou jaarlikse Clivia-skou
Die Clivia-forum het hul jaarlikse skou by Laerskool Rooihuiskraal gehou.

Die Clivia-forum het Sondag hul jaarlikse Clivia-skou by Laerskool Rooihuiskraal gehou.
Sowat 5 000 mense wêreldwyd behoort aan die forum.
Op hul webtuiste www.cliviaforum.co.za kry die aanhangers advies oor plante en die versorging daarvan.
Volgens Martin van Zyl, die moderator op die Clivia-forum hou hulle jaarliks hierdie skou in Centurion.
Ander tipe blomme soos water-irisse, irisse, varkore en orgidieë word ook by die geleentheid geskou.
Hierdie plante is almal baie besonders aangesien ‘n mens dit by ‘n gewone kwekery kan kry nie. Die publiek kry die geleentheid om gedurende die skou die beste plant te kies en die plant word dan gekroon as die plant van die jaar. Die wenners ontvang ‘n toekenning.
Vir meer nuus, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.








