
Poskantore regoor die land staak al vir meer as twee weke en mense wat afhanklik is van hierdie noodsaaklike diens sit met hul hande in hul hare.
Verskeie Moot inwoners is ook deur die stakings beinvloed en al moedeloos oor die situasie.
Lizette Ackerman Botha het belangrike besigheidsdokumente van Durban wat sy te wagte is, sowel as ‘n pakkie wat sy uit Amerika bestel het.
“Ek hoop en bid wanneer hulle ophou staak dat ek my goed kan kry het duur betaal nou moet ek sit en wag. Ek wonder net hoeveel keer gaan hulle staak in ‘n jaar,” het sê sy.
Nog ‘n inwoner, Franci Bushby, sê hierdie is nie die eerste staking vanjaar nie. Die vorige een het langer as ‘n maand geduur.
Misha le Grange wag al vir drie weke lank vir ‘n pakkie uit Kaapstad.
“Volgens die pakkie se opspoor-nommer is hy nog in Kaapstad,” het ‘n moedelose Le Grange gesê.
Mense is meestal omgekrap omdat hulle nie belangrike pakkies kan stuur of ontvang nie, insluitend hofdokumente wat deur geregistreerde pos gestuur moet word.
Naas Prinsloo het sy woede direk aan die stakende werkers gerig.
“As jy nie wil werk vir daardie geld nie, moet nie die offer aanvaar nie, ek is seker daarvan daar is hordes mense daar buite wat sal tou staan om vir daardie salaris te werk wat tans niks kry nie.”
Vir meer nuus, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.
Lees ook: Strike leads to closure of post offices
Post Office has started process of dismissal
