CrimeLocal newsNews

Strikke gevind by Florauna resivor

Strikke gevind om moontlik wild te vang by Florauna resivor.

Daar is verskeie strikke gevind naby die Florauna reservoir wat vermoedelik gestel is vir die vang van wilde diere, sê Dana Wannenburg die Demokratiese Alliansie se raadslid in Pretoria-Noord.

Sy sê sy het ondersoek ingestel na klagtes van inwoners.

“Verdagte persone is gereeld gewaar by die reservoir en alles lyk net nie pluis nie.”

Later is bespiegel dat die beweging dié van wagte kon wees wat die reservoir bewaak teen diefstal, maar inwoner Markus Gilardi meen dis onmoontlik.

“Ek woon al vir tien jaar lank in hierdie gebied en nog nooit was daar sekuriteit wat die reservoir opgepas of strikke in die bos gestel het nie,” sê hy.

“Vandat daar skielik ‘wagte’ is wat die reservoir oppas, het ek en my buurman een Saterdagmiddag rolle en rolle draad in die bos gekry wat as strikke gestel is.”

Gilardi sê twee van sy honde, ‘n Labrador en ‘n Jack Russel, is al in die strikke vasgevang.

Wannenburg sê die aangeleentheid word nog ondersoek.

“Dit kan natuurlik ook die werk van sluipslapers wees.”

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button