Voordat ’n inwoner van Menlopark ‘n kans kon kry om ’n saak van diefstal van sy voertuig by die polisie aan te meld, het die Brooklyn-polisie en Hi-Risk Unit dit reeds aan hom terugbesorg.
Volgens Marce Bester van Hi-Risk, het die eienaar omstreeks 07:00 Saterdagoggend die polisie van die diefstal in kennis gestel. Die wit Volkswagen Polo Vivo is in 2nd Straat gesteel en teen 09:00 in 3rd Straat opgespoor.
Nadat die polisie die diefstal oor die tweerigting-radio aangemeld het, het die verskillende rolspelers nie tyd gemors om die voertuig op te spoor nie. “Gelukkig het die motor se teendiefstal-stelsel ingeskop wat die petroltoevoer afgesny het.”
Die voertuig is met sy deure oop en noodligte aan in die straat gevind.
Die polisie was nie vir kommentaar beskikbaar nie.
Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.
