GalleriesMunicipalNewsNews galleries

Groot skoonmaak by onwettige Rooihuiskraal-stortingsterrein

Metro begin om onwettige stortingsterrein op te ruim.

Die onwettige stortingsterrein in Rooihuiskraal waaroor Rekord onlangs berig het, word opgeruim.

Op 10 September het Rekord berig dat inwoners oor ‘n onwettige stortingsterrein op die hoek van die Ou-Johannesburgpad en Estcourtlaan gekla het. ‘n Vullishoop het in die woonbuurt gegroei en onder meer rotte gelok. Daar was ook tekens dat mense daar oornag.

Rekord het die omgewingsbestuurder van vullisverwydering by die Tshwane metro, Ernest Gottschalk, vir kommentaar genader. Hy het onderneem om ondersoek in te stel en die probleem so gou as moontlik op te los.

Nou is die einde van die gemors in sig. Werkers wat deur die metro aangestel is, het begin om die vullis te verwyder. Hulle het met Metro-vragmotors en stootgrawe opgedaag, en ruim op.

Daar het ook mense opgedaag wat groot sakke met leë pastiekbottels volgepak het. Hulle verkoop die bottels aan maatskappye wat plastiek herwin. Die mans sê hulle kry tot R500.00 vir ’n 250kg sak.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

Lees ook: Nog ‘n onwettige stortingsterrein in Centurion

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button