CrimeNews

Man wat hom ontbloot skok skooldogters

Twee susters is onlangs getraumatiseer toe 'n man hom voor hulle ontbloot en bevredig het.

Die ma van twee skooldogters is ontstoke nadat ‘n man Dinsdagmiddag homself voor hulle ontbloot en bevredig het.

Die vrou, wat anoniem wil bly, sê haar twee dogters was oppad na hul dansklas en het in Haarhoffstraat in Villieria gestap, toe die man glo met ‘n wit bakkie verskeie kere verby hulle gery het.

“Hy het toe om ‘n verkeerssirkel gery en voor hulle op die sypaadjie parkeer, sodat hulle verplig was om by hom verby te stap en te sien wat hy doen,” het die vrou gesê.

Haar oudste dogter (18) het sowat twee jaar gelede ‘n soortgelyk ondervinding beleef en sê dat sy die man herken het as dieselfde jong man van twee jaar gelede.

“Sy het haar jonger suster gemaan om haar oë toe te maak en hulle het ‘n draai om die man probeer stap, maar volgens haar was dit onmoontlik om nie te sien wat hy besig is om te doen nie. Sy kon ongelukkig nie die registrasie nommer van die bakkie sien nie, maar sê die man het baie prominente wenkbroue gehad,” het sy gesê.

Die een dogter het haar selfoon uitgehaal en die man het inderhaas weggejaag toe hy dit sien.

“Wie dink hierdie man is hy om skooldogters, wat in hul skooluniforms was, so te teister? Hy dwing homself mos op hulle af en ek weet my arme dogters was nie die eerste of die laaste slagoffers nie. Niemand verdien om so verneder en bang gemaak te word nie. Hierdie man moet gevang word,” het sy gesê.

Rekord het in Augustus berig dat die Laerskool Villieria ‘n amptelike waarskuwing aan al hul ouers gestuur nadat een van hul leerlinge deur ‘n man voorgekeer is wat homself voor haar ontbloot het.

Die graad 7 leerling was glo oppad huistoe toe, toe ‘n man, wat volgens haar ‘n wit of grys Ford gery het, voor haar parkeer en homself ontbloot het.

Volgens die skoolhoof, Dawid Haasbroek, het die skool nog nie weer soortgelyke probleme ondervind nie, maar hulle maan ouers om paraat te wees.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook-blad en volg ons op Twitter.

Lees ook: Flasher a nuisance

Man ontbloot hom aan kind

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button