MunicipalNews

Kragkabels alweer gesteel

Kragkabels word alweer gesteel.

‘n Deel van ‘n hoogspanning-kragkabel is Woensdagaand in Willem Crywagenstraat noord van Pretoria gesteel waar die kabel oor die N4 snelweg loop. Volgens voorsitter van die sektor 3 polisie, Hannes Venter, lyk dit asof die rowers eers die kragtoevoer onderbreek het.

Drie weke gelede is dieselfde soort kabel by Renestraat gesteel, ook waar dit oor die snelweg loop. Venter voorspel dat die kabel by Daan de Wet Nel straat die volgende teiken is omdat rowers elke keer ‘n stuk kabel steel wat oor ‘n brug loop.

Venter sê hierdie straat word nou met ‘n valkoog dopgehou.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord se Facebook-blad of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button