CrimeLocal newsNews

Drie verdagtes vasgetrek na huisbraak

Drie verdagtes is onlangs in hegtenis geneem na 'n huisbraak in Waverley.

Drie mans is Sondagaand in Waverley in hegtenis geneem toe hul motor uitgeken is as dieselfde een wat vroeër die aand by ‘n huisbraak in Koekoekstraat gesien is.

‘n Tshwane metro-polisieman het die groen Ford Figo opgemerk en voorgekeer.

Hy het vasgestel dat die voertuig as gesteel aangemeld is in Kameelsdrif en dat die insittendes huisbraaktoerusting by hulle het.

‘n Getuie, wat anoniem wil bly, sê die drie mans was netjies geklee.

“Dit is ‘n verligting omdat daar die afgelope tyd baie inbrake in die gebied was. Dis skrikwekkend dat die verdagtes glad nie gevaarlik gelyk het nie.”

Kaptein Coba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisiestasie, sê die man is in hegtenis geneem oor die vermeende besit van ‘n gesteelde voertuig en huisbraak-toerusting.

“Die voertuig is na ons Voertuig Insae Stelsel (VIS) vervoer vir ondersoek en die drie verdagtes is tans in aanhouding,” het Brits gesê.

Tshwane-metro was teen spertyd nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button