MunicipalNews

Riool stroom in huise en strate in, in Pretoria Noord

Riool water neem huise en strate oor in Pretoria Noord.

Inwoners van Pretoria Noord is bitter onsteld oor rioolwater wat al vir die afgelope drie weke in Pagelstraat loop en reeds by huise in geloop het.

Belinda van der Spuy, ‘n inwoner van Pretoria Noord se dat sy nou al vir drie weke lank sukkel met die rioolwater wat aanhoudend in haar huis en by die straat waarin sy woon, inspoel.

Van der Spuy sê dat hulle Tshwane metro gekontak het en dat hulle mense gestuur het wat gate gegrou en ‘n chemise stof bo-oor die rioolwater gegooi het. Sy sê dit het egter niks gehelp nie.

“Die riool-water het my hele badkamer oorspoel en dit loop in die straat voor my huis. Ons kan glad nie bad of toilet toe gaan nie. Dit stink en dit is ‘n onbeskryflike groot gesondheidsrisiko vir my en my gesin,” het van der Spuy uiters onsteld gesê.

Daar is al vier huise in Pagelstraat in Pretoria Noord wat oorstroom is deur die rioolwater.

‘n Ander inwoner, Nelia Snyders was net so onsteld. “Dit is vrot en sieklik om so te moet lewe. ‘n Mens kan nie asem kry van die stank nie en dit is uiters ongesond.” het Snyders gesê.

Die Tswane metro is besig om die probleem te probeer oplos. Hulle het vanoggend mense uitgestuur om ondersoek in te stel. Die gesondheidsdepartement was ook in die straat om te kyk hoe hulle die gemors kan skoonkry.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button