Wen kaartjies na Die Campbells se vertoning
Staan 'n kans om dubbelkaartjies te wen na Die Campbells se vertoning by die Carousel.
Country-liefhebbers kan uitsien om kaartjies te wen na Die Campbells se vertoning wat binnekort by die Carousel se Cayenne Saloon te sien sal wees.
Broers Tom en Harry beloof om van hul bekendste treffers, insluitend Bietjie Bietjie Lam, Vat My Vas, Sewe Soene, Mamma Maria en Rooirok Bokkie by dié vertonings op Vrydag 24 Oktober en Saterdag 25 Oktober te sing.
Drie gelukkige Rekord-lesers kan elk dubbelkaartjies wen vir die Vrydagaandvertoning en een van die wenners staan ook die kans om ‘n aand se gratis verblyf en ontbyt by die Carousel-hotel te wen.
Die Cayenne Saloon maak 19:00 oop en die vertoning sal omstreeks 21:00 begin.
Vir die kans om hierdie wonderlike vertoning in styl by te woon, SMS die woord CAMPBELLS en jou naam en van na 42282. Kompetisie sluit 22 Oktober om middernag. SMS’e kos R1.50. Gratis SMS’e is nie van toepassing nie.
Vir meer opwindende nuusbrokkies en kompetisies, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.
