MunicipalNews

‘n Nuwe metode om hopelik krag-diewe te voorkom

'n Nuwe metode om 'n stokkie te steek voor krag-diewe.

Kragkabeldiefstal saai gereeld amok in die noorde van Pretoria en gebeur deesdae bykans op ‘n weeklikse basis.

Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se voorsitter Hannes Venter, het Vrydag aan Rekord gesê dat die Tshwane metro sowat ‘n maand gelede reeds begin het met ‘n nuwe projek wat hopelik kabeldiefstal sal verminder of heel moontlik heeltemal onder beheer sal bring.

Dié nuwe projek behels 74Kva-kabels, wat deur ’n kontrakteur aan die raad voorsien word, met ‘n staalomhulsel wat dan weer met beton opgevul is. Venter het gesê dat dit ‘n waardevolle voorsorgmaatreël teen kabeldiefstal.

Volgens Venter is die metro se plan om die houtpale sowel as die oorhoofse kabels met dié veel sterker kabels te vervang.

“Ek hoop regtig dat hierdie nuwe metode van die metro die uitweg is om ons kragkabels te beskerm en diefstal hok te slaan. Straatligte wat nie werk nie is veral ‘n groot probleem. Wanneer ouers byvoorbeeld by Laerskool Akasia stop vir funksies in die aande en die straatlligte brand nie, is dit makliker vir iemand om by die motor in te breek.. Ons almal moet saam staan en hard werk om kabeldiefstal hok te slaan,” het Venter gesê.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

Lees ook: Kragkabels alweer gesteel

Dieselfde kragkabels gesteel in drie dae

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button