CrimeLocal newsNews

Vermeende inbreker betrap

'n Zimbabwe man in besit van huisbraaktoerusting in hegtenis geneem.

‘n Zimbabwe immigrant, wat vermoedelik op pad was om by ‘n huis in te breek, is Saterdagaand met huisbraaktoerusting in Delmasweg, Elarduspark in hegtenis geneem.

Charl Langley, woordvoerder vir die Lyttleton-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) Sektor 4, sê Bull Security het net ná 23:00 in die omgewing gepatroleer toe ‘n reaksie-beampte ‘n man langs die pad sien rondsluip.

Die beampte het hulp oor die GPF-radio ingeroep en altesaam vyf voertuie van die GPF, Bull Security en Ubuntu Security het die man voorgekeer.

“Hy is deursoek en daar is eers niks in sy besit gevind nie, sê Langley. “Maar beamptes het vinnig besef die man het van sy toerusting ontslae probeer raak deur dit in die gras langs die pad te gooi.”

‘n Tang, flits, skroewedraaier en ander gereedskap is gevind.

Die man het ook drie stelle klere oormekaar aangehad wat daarop dui dat hy waarskynlik nie geïdentifiseer wou word nie. Hy is aan die Lyttleton-polisie oorhandig en die saak word ondersoek.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button