CrimeNewsUpdate

Afperser erken hy dreig Becker, Derby-Lewis

Llewellyn Nel het Christoff Becker se ma en Clive Derby-Lewis vanuit die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria afgepers.

Die gevangene wat Christoff Becker se ma, Mariëtte ,vroeër vanjaar afgepers het, het Maandag in die Pretoriase streekhof erken hy het Clive Derby-Lewis ook probeer afdreig.

Llewellyn Nel (35) het dié dreigemente in Mei vanuit Pretoria se Kgosi Mampuru II-gevangenis gerig waar hy saam met Derby-Lewis aangehou word.

Becker was ook hier in die tronk voordat hy na die Kokstad-maksimumgevangenis verskuif is.

Nel het in die hof erken dat hy Mariëtte gedreig het om foto’s van Christoff aan die media uit te lek wat hom glo nóg dieper in die moeilikheid sou laat beland het.

Dit volg nadat Christoff in Februarie op parool vrygelaat en kort daarna weer in hegtenis geneem is toe ‘n video uitgelek het waarin hy en mede-beskuldigde Frikkie du Preez in ‘n tronksel partytjie hou.

Mariëtte het R3 000 aan Nel betaal.

Nel het R5 000 van Derby-Lewis geëis om te voorkom dat beeldmateriaal en boodskappe uitlek. Derby-Lewis het geweier om te betaal.

Christoff se regsverteenwoordigers het verlede week tydens ‘n paroolverskyning in die Pretoriase hooggeregshof aangevoer Christoff het die video van hom en Du Preez uitgevee.

Die rekenaar en selfoon, wat vermoedelik gebruik is om die video te maak, is in die tronk gelos toe hy op parool vrygelaat is.

Daar word beweer dat Nel dié uitgewiste video herwin het om geld daaruit te probeer maak.

Nel en Tanya van Niekerk het destyds as die land se eie Bonnie en Clyde bekendgestaan. Hulle is in November 2006 vasgetrek toe 40 polisiekantore hulle gesoek het ná verskeie misdade.

Nel word na verwagting in November gevonnis vir die afpersing.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

Lees ook: Becker-ma se afperser verskyn in hof

Hof wil nie Becker se dringende aansoek om parool aanhoor nie

Christoff Becker transferred to Kokstad Prison

Privileges revoked for Becker

Frikkie wag nog vir uitspraak oor parool

Waterkloof-vier ma na bewering afgepers

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button