CrimeNews

Moot-polisie waarsku teen slenters

Die Moot-polisie het onlangs 'n waarskuwing uitgereik.

Die Moot-polisiekantoor het onlangs ‘n waarskuwing uitgereik aan inwoners van die Moot.

Volgens die woordvoerder van die Moot-polisiekantoor, Luitenant Linda Jerling, word inwoners gewaarsku teen ‘n man (of mans), geklee in ‘n oorpak en veiligheidsmasker wat aanbied om teen betaling vullissakke te verwyder.

“Die man beweer dat sy broer om die hoek staan met sy bakkie en die vullis sal kom oplaai. Hy neem die sakke tot op ‘n punt en verdwyn dan. ‘n Inwoner van die moot was ‘n slagoffer van die slenter en moes die sakke gaan haal waar dit gelaat is en ekstra opdok om dit te laat verwyder,” het Jerling gesê.

Inwoners word ook gewaarsku teen pamfletverspreiders, vensterwassers en bedelaars op die hoeke van strate, veral by verkeersligte.

“Hou waardevolle artikels buite sig en hou vensters toe en deure gesluit. Moet onder geen omstandighede op selfone praat wanneer ‘n voertuig se vensters oop is nie. Skootrekenaars, handsakke en selfone moet nooit op sitplekke gelaat word nie,” het Jerling gewaarsku.

Die Moot-polisiekantoor het onlangs sukses behaal in die bekamping van misdaad toe een persoon in hegtenis geneem is vir opsetlike saakbeskading, een vir winkeldiefstal, een vir die besit van afhanklikheidsvormende middels en tien vir voetganger-as-bron-van-gevaar.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord op Facebook en op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button