CrimeNews

Rowers ontsnap met R40 000 nadat hul kluis oopgeblaas het

Mans ontsnap met R40 000 nadat hul vulstasie se kluis oopgeblaas het

‘n Ontploffing onlangs by die Sasol vulstasie langs die Madelief-inkopiesentrum, het inwoners van Dorandia laat wakker skrik.

Volgens die Demokratiese Allianse (DA) raadslid, Dana Wannenburg het vier gewapende mans ongeveer twee-uur Saterdagoggend by die vulstasie se geriefswinkel ingeloop.

Van die mans het hul wapens op die kassier en winkelassistent gerig en hul as gyselaars aangehou, terwyl die ander plofstof aan die buitekant van die kluis onder die toonbank vasgeplak het. Hulle het daarna die kluis opgeblaas.

Wannenburg het verder gesê dat die mans ‘n totaal van R40 000 gesteel het. Die sekuriteitskamera was buite werking en geen video-opname is beskikbaar wat die mans kan identifiseer nie. Die rowers het weg gejaag in ‘n blou BMW.

‘n Woordvoerder van Pretoria-Noord, Rebecca Phatlane het die insident bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die saak word deur die polisie ondersoek.

Vir meer nuus, besoek Rekord op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button