CrimeNews

Vrou dood in huis aangetref

Die Villieria-polisie vind geen aanduiding van 'n struweling nadat ’n vrou se lyk deur ’n familielid in Waverley ontdek is nie.

’n Vrou se lyk is Donderdagoggend (23 Oktober) in haar Waverley-huis ontdek, maar die oorsaak van haar dood is onbekend.

Volgens Kaptein Coba Brits, woordvoerder van Villieria-polisie, is die vrou se lyk tussen 06:00 en 07:00 deur ’n familielid ontdek. “Daar was geen struweling en geen inbraak nie. Ons sal eers in ’n later stadium kan bevestig wat die oorsaak van die dood was.”

Kaptein Brits het gesê die vrou is aan onnatuurlike oorsake dood.

“Die vrou se liggaam is reeds na die lykshuis geneem om die oorsaak van dood te bepaal,” het sy gesê.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button