CrimeNews

Komposdiewe teister inwoners

Mans wat bekend is vir kompos-slenter, steel glo.

Vier mans wat inwoners in die ooste van Pretoria al vir maande lank teister deur kompos teen ‘n yslike bedrag aan hulle te probeer afsmeer, het glo Woensdag ‘n diefstal by ‘n meenthuiskompleks in Rietvalleirand gepleeg.

Beeldmateriaal wat deur ‘n inwoner se kringtelevisiekamera vasgevang is, wys hoe die bestuurder van ‘n wit Ford Bantam bakkie met sy drie makkers agterop omstreeks 13:30 by dié kompleks in Amatis Crescent inry en voor een van die huise hier stilhou.

Charl Langley, woordvoerder vir die Lyttleton Sektor 4-gemeenskapspolisiëringsforum, sê die hek van die kompleks was stukkend en die mans het só toegang tot die perseel verkry.

Hulle het toe een van die eenhede se tuinhekkie, wat nie gesluit was nie, oopgemaak na items gesoek wat buite die huis gesteel kon word.

“Die mans het ‘n bootenjin onder die afdak gesien, dit agterop die bakkie gelaai en onder kompossakke weggesteek,” sê Langley.

Daar word vermoed dit is dieselfde klomp mans wat talle inwoners die afgelope ruk al met hulle kompos-slenter gevang het. Dieselfde wit bakkie was by dié gevalle gerapporteer.

Rekord het onlangs berig oor geslepe kansvatters wat deur woonbuurte in Pretoria se strate ry en kompos verkoop. Inwoners van onder meer Lynnwood Glen, Waterkloof en Menlopark het beweer dié mans het hope kompos, meestal sonder die inwoners se toestemming, op hul gras uitgestrooi en op ‘n reuse bedrag daarvoor aangedring.

Die Lyttleton-polisie ondersoek die diefstal.

Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

Lees ook: Kompos slenter in Waverley

Kompos swendelaars intimideer bejaarde

Kansvatters dalk met diefstal verbind

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button