
Twee mans, wat glo ‘n 35-jarige vrou in Garsfontein vermoor en haar lyk in ‘n winkeltrollie gelaat het, is Woensdag in die Pretoriase landdroshof borgtog geweier.
Hulle sal in aanhouding bly totdat uitspraak in die saak gelewer word, sê polisiewoordvoerder Kaptein Colette Weilbach.
Die vrou, wie se naam nog nie bekend is nie, is vermoedelik eers verkrag voordat sy vermoor is
Die mans – 32 en 28 jaar oud – is Sondag deur die Brooklyn-polisie in Mamelodi in hegtenis geneem. Hulle is van Nelmapius en Mamelodi-Oos.
Weilbach sê die vrou is in Garsfontein vermoor voordat haar moordenaars haar lyk in ‘n skoon duvet toegedraai, in ‘n winkeltrollie gelaai en tot by January Masilelalaan in Lynnwood Glen gestoot het.
Haar lyk is 3 September gekry.
Die mans sal binnekort weer in die hof verskyn.
Besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie vir meer nuus.
Lees ook: Twee in hof ná hul glo moor en lyk in winkeltrollie stoot
