CrimeNews

Vermeende watermeterdief agter tralies

Vermeende watermeterdief wat gemeenskap vir ’n geruime tyd teister, in hegtenis geneem.

’n Vermeende watermeterdief wat die Moot-gemeenskap vir ’n geruime tyd teister, is Dinsdag deur die Villieria-polisie in hegtenis geneem.

Kaptein Koba Brits, woordvoerder van die Villieria-polisie, sê die 37-jarige man is weens die besit van vermoedelike gesteelde watermeters in hegtenis geneem. Hy het ses meters in sy besit gehad toe die polisie hom betrap het.

Adjudant-offisier Lourie van der Sluijs en Konstabel Mathome Sefoka het die man in Môregloed op heterdaad betrap. Die waarde van die watermeters is sowat R3 000.

Die man was al voorheen in aanhouding op ander aanklagte.

Vir jou daaglikse nuus, besoek Rekord se Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button