CrimeNews

Skietery op N4 ‘n raaisel

'n Skietery wat Donderoggend op die N4 plaasgevind het, bly 'n raaisel.

Die Akasia-polisie is steeds op soek na meer as een persoon wat Donderdagoggend op ‘n Shoprite vragmotor geskiet het wat op die N4 onderweg na Rustenburg was.

‘n Onbekende aantal mans in ‘n wit Opel Astra het net na 08:00 by die R80 afrit op ‘n Shoprite vragmotor se bestuurder geskiet. Die vragmotorbestuurder is nie ernstig beseer nie en dit is onduidelik of hy deur ‘n koeël getref is, of deur stukke van ‘n spieël wat raakgeskiet is.

Polisiewoordvoerder Adjunk-offisier Matthews Nkoadi sê hulle het nog nie veel inligting oor hierdie voorval nie. “Ons het nog nie baie inligting oor die voorval nie. Die bestuurder is gister na die hospitaal geneem vir behandeling.”

Dit is onduidelik of die skietery verband hou met Shoprite-vragmotorbestuurders wat sedert Maandag staak. Volgens Nkoadi is niemand nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Shoprite was teen spertyd nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Vir meer gratis gemeenskapsnuus en nuusflitse, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons ook op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button