CrimeNews

Drie voertuie by laerskole in Centurion gebuit

Diewe het Saterdag op laerskole in Centurion toegeslaan en drie voertuie gesteel.

Drie voertuie is Saterdagoggend minute namekaar by laerskole in die Rooihuiskraal-omgewing in Centurion gesteel.

‘n Bruin Toyota Land Cruiser en ‘n silwer Toyota Hilux is by die Laerskool Uitsig in Yelandastraat, The Reeds, gesteel, terwyl ‘n wit Toyota Hilux skaars drie kilometer verder by die Laerskool Rooihuiskraal op die hoek van Maraboe- en Panoramaweg gesteel is.

Pierre Viviers, voorsitter van die Wierdabrug Sektor 2-GPF, sê al drie diefstalle het omstreeks 10:00 gebeur.

Viviers sê daar was Saterdag verskeie aktiwiteite by die skole en die voertuie was buite die skoolterreine geparkeer toe die diewe toegeslaan het.

Die voertuie se opsporingstelsels is glo in die Thatchfield-omgewing verwyder.

“Die diefstalle by die Laerskool Uitsig is vermoedelik deur dieselfde groep misdadigers gepleeg,” sê Viviers.

“Dit is egter nie seker hoeveel diewe deel van die groep was nie, omdat niemand die misdade gesien het nie.”

Die Wierdabrug-polisie ondersoek die saak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button