Steve Hofmeyr by vakansiehuis beroof
Steve Hofmeyr is Woensdagoggend in sy vakansiehuis by die see beroof.

Die omstrede sanger Steve Hofmeyr is vroeg Woensdagoggend in sy vakansiehuis by die see beroof.
Hofmeyr het die nuus omstreeks 04:00 op sy Twitter-profiel aangekondig: “Sopas beroof in ons vakansiehuis. Die stank hang nog in die huis.”
Hy het later getwiet: “Dankie almal. Ons is so effe ‘ontspoor’ maar veilig. Hondjies het dadelik geblaf. Sover is ons nuwe TV & Xbox (en SAPS) nog soek.”
Volgens sy jongste twiet is almal ongedeerd.
Dit is nie seker waar Hofmeyer met vakansie was nie.
Hy het op 29 Desember getwiet: “Voete op. Oseaan in sig. Biertjie gepop. Braai kraak. Gaan my 7 dae vat om te besef ek hoef niks te doen of êrens te wees nie. Mmmm.”
Vir meer nuus, besoek Rekord se Facebook-blad of volg ons op Twitter.
