Local newsMunicipalNews

Lang gras ’n seeroog

Lang gras skep glo veiligheidsrisiko’s vir gemeenskap.

Die beweerde gebrek aan behoorlike instandhouding van lang gras in die Moot-omgewing skep glo veilighiedsrisiko’s vir die woonbuurt.

DA-raadslede Elmarie Linde en Elma Nel het die knelpunt blootgelê in die hoop dat die lang gras gesny sal word.

“Dit gaan my verstand te bowe dat Tshwane metro steeds nie die regte planne in plek het om die gras in stand te hou nie. Elke jaar dié tyd is dit dieselfde probleem,” het Linde gesê.

Linde beweer een van die redes waarom die gras nie onderhou word nie, is omdat meeste van die voertuie wat die metro gebruik, se lisensies verval het. Die metro het teen druktyd geen terugvoer rakende die aantuigings verleen nie.

Sy het gesê die lang gras, wat regoor die Moot te sien is, skep ‘n onnet indruk en ook veiligheids- en gesondheidsprobleme.

Volgens Nel het sy en Linde “n vergadering met lede van metro se Streek 3 gehad om die weg voorentoe te bespreek.

“Ons ontvang daagliks klagtes van ontstoke inwoners as gevolg van die lang gras. Dit is nie ons taak om die metro te herinner om die gras te sny nie. Dit is swak dienslewering en dit sal nie geduld word nie,” het Nel gesê.

Besoek Rekord se webtuistes vir meer nuus:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button