Beroemde valskermspringer verloor stryd teen kanker
'n Beroemde valskermspringer van Montana het onlangs sy stryd teen kanker verloor.
‘n Bekende valskerm-pionier van Montana word Vrydag in sy valskermpak veras nadat hy sy stryd teen kanker verloor het.
Adolphe Botha (47) was die eerste boorling van Afrika wat met ‘n valskerm oor die pieke van die berg Everest gesweef en op die hoogste valskermstrook ter wêreld geland het. Dit het in 2008 gebeur.
Die oud valskermsoldaat is verlede Saterdag in die Eugene Marais-hospitaal in Eloffsdal dood aan galbuis-kanker.
Die kanker, waarmee Botha sowat twee jaar gelede gediagnoseer is, affekteer die pankreas, lewer en galblaas.
Hy het sy beroemde sprong in 2008 saam met 11 ander springers van regoor die wêreld, gedoen.
Vir gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:
‘Like’ ons Facebook blad en volg ons gerus op Twitter.
