Kleuters hou konsert vir bejaardes
Kleuters bring vreugde aan bejaardes.
“Jonk” en “oud” het nuwe betekenis gekry toe kleuters van ‘n nuwe kleuterskool in Menlopark die inwoners van twee ouetehuise besoek het.
Die kleuters het vooraf hard geoefen aan ‘n konsert waarmee hul die inwoners van Fleurenville en Magnolia Haven-aftreeoorde bederf het. Die doel van die konsert en besoek aan die aftreeoorde, was ‘n poging om kinders van jongs af te leer dat daar baie maniere is hoe mense in liefde na ander kan uitreik, ongeag ouderdom. Danksy die personeel, ouers en kleuters kon jonk en oud dié besondere dag van liefde saam geniet.
Heerlike eetgoed het die tafels vol gestaan en die kleuters het selfs spesiale handgemaakte kaartjies vir die oumense gemaak en uitgedeel voor die konsert begin het.
Dié besondere uitreik is bewys dat die boodskap van liefde en omgee uitgedra kan word, spesifiek na diegene wat nie dikwels meer onthou word deur ander nie.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.




