Borskankerondersteuningsgroep hou geldinsameling
Die Pretoria Borskankerondersteuningsgroep, Ryk Uit Na Herstel, het Saterdagoggend ‘n oggendtee-geldinsameling by Batter Boys in die noorde van Pretoria gehou.
Die Pretoria Borskankerondersteuningsgroep, Ryk Uit Na Herstel, het Saterdagoggend ‘n oggendtee-geldinsameling by Batter Boys in die noorde van Pretoria gehou.
Annemarie Joubert, voorsitter van Ryk Uit Na Herstel het gesê die groep hou jaarliks so ‘n geldinsameling waartydens hul opgeleide ondersteuningsgroep asook borskankerlyers bymekaar kom.
Om deel van die ondersteuningsgroep te word, moet ‘n borskankerlyer deur ‘n naweek se opleiding gaan waartydens hulle leer hoe om ander borskankerlyers emosioneel te ondersteun en word hulle in diepte oor menseverhoudings opgelei.
Ruik Uit Na Herstel bestaan al sedert 1952 in Amerika en is reeds 44 jaar in Suid-Afrika bedrywig.
Joubert het gesê die tema vir vanjaar se funksie was Nuwe Lewe, Nuwe Hoop.
Die oggend het bestaan uit ‘n onbyt bedien saam met sap, tee en koffie en later was daar motiveringsprekers wat oor borskanker gesels het.
Musiekklanke van die groep, Con Grazia, het die gehoor bekoor.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
