
‘n Tuinwerker het ‘n bejaarde vrou van Faerie Glen Maandag met ‘n hondeleiband vasgebind en aangerand.
Garsfontein-polisiekantoor se woordvoerder, Adjudant-offisier Dave Muller, het die misdaad bevestig en sê die polisie stel ondersoek in.
Volgens berigte is die bejaarde vrou, Cathy Barnard, vroeg Maandagoggend in haar badkamer vasgebind en gemartel. Net ‘n selfoon is glo gebuit.
Muller kon teen Maandagmiddag nie bevestig of daar iets uit die woning gesteel is nie.
Barnard word in Faerie Glen-hospitaal behandel.
Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:
Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
