CrimeNews

Beweerde mishandeling by kleuterskool

Kleuterskool in Die Wilgers weer in die nuus oor mishandeling.

‘n Tweejarige kind is by ’n kleuterskool in die Wilgers mishandel, het ‘n ouer Maandag beweer.

Sandra Smith, hoof van Heidi Speelkamer, sê sy is bewus van die bewerings, maar dit niks nog bewys kan word nie. “Ons is besig met ons eie interne ondersoek om vas te stel wat gebeur het,,” het Smith gesê.

Smith sê die betrokke assistent is huis toe gestuur terwyl hul ondersoek aangaan. “As die polisie se ondersoek bevind dat sy wel aan die kind geslaan het sal die regte stappe teen haar geneem word.”

Die pa van die kind sê hy het onraad vermoed toe hy deur ‘n ander pa gevra is of sy kind ook erg skree wanneer hy toilet toe moet gaan of ‘n glips gehad het.

“Dit was vir my skokkend om te hoor dat nog ’n ouer met dieselfde probleem sit. ’n Paar dae later het dieselfde pa my laat weet dat hy vermoed het dat een van die werkers by die kleuterskool my kind teen die kop slaan en aan die arm ruk badkamer toe, nadat hy sy doek vuil gemaak het,” sê die pa, wat net as meneer Verwey bekend wil staan.

“Dit het toe vir my duidelik begin word hoekom my seuntjie so gehuil het wanneer sy broek vuil was. Ek is onmiddelik na die skool toe om vas te stel wat gebeur het. Alhoewel niks bevestig kon word nie het ek onmiddellik my seun en sy vierjarige broer uit die skool gehaal.”

Op 7 Maart verlede jaar was dieselfde kleuterskool in die nuus omdat ‘n onderwyser glo ‘n kind in ’n donker kas toegesluit het omdat hy stout was.

Verwey is bekommerd dat sy seun emosionele letsels kan oorhou.

“Wie weet watter skade my kind gely het as gevolg van hierdie ding. Hierdie fase van hul lewe is baie belangrik. Ek gaan ’n saak van aanranding teen die assistent by die polisie aanmeld,” sê hy.

Smith sê die skool sal verdere kommentaar lewer sodra die polisie se ondersoek afgehandel is.

Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button