CrimeLocal newsNews

Moot se eie “Spiderman” slaan toe

Die berugte "Spiderman" slaan toe op twee Moot-woonstelle en kom weg met elektroniese ware, juwele en selfone.

Die Moot se eie “Spiderman” het Donderdagaand weer op twee woonstelle op die tweede- en derdeverdieping in Gezina toegeslaan.

Dié vermeende dief is so deur die Moot-polisie gedoop omdat hy op ‘n onverklaarbare wyse toegang tot woonstelle op hoë verdiepings kry.

Adjudant-offisier Anton Breedt, waarnemende woordvoerder van die Moot-polisie, sê hy het met elektroniese toerusting, selfone en juweliersware skoonskip gemaak.

Breedt sê daar was nege inhegtenisnemings tydens die naweek oor misdaad soos die besit van dwelms, bestuur onder die invloed van drank, minagting van die hof en winkeldiefstal.

Hy maan inwoners om onder geen omstandighede enige waardevolle items in voertuie te laat nie. “Hou alle waardevolle items buite sig of verwyder dit uit die voertuig. As jy jou selfoon langs jou in die aand hou, slaap verkieslik met toe vensters,” het Breedt gemaan.

Hy sê daar was ook twee diefstalle van voertuie in die Moot-area die naweek.

Een van die voertuie is Saterdag deur ‘n gewapende man op die hoek van 11de Laan en Swemmerstraat gekaap.

“Die eienaar van die voertuig het by die korfbalbaan stilgehou toe die gewapende man hom nader. Die bestuurder het weggehardloop terwyl die passasier nog in die voertuig was. Die man het die passasier met die vuurwapen gedreig en is beveel om uit die voertuig te klim. Die gewapende man het in die silwer VW Polo Vivo gespring en van die toneel gevlug,” het Breedt gesê.

Die Moot-polisie het ook die Tshwane metro-polisie Vrydagoggend by die Melgisedek-gebou gehelp in ‘n operasie om die omgewing te suiwer van ongewenste elemente.

Breedt het gesê daar gaan gereeld misdaadvoorkoming-operasies by die Melgisedek-gebou uitgevoer word.

Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button