CrimeLocal newsNews

Wonderboom-vrou in woonstel verkrag

’n Moot-vrou is Dinsdagoggend in haar woonstel op die tweede verdieping verkrag deur ’n onbekende man wat op ’n onverklaarbare wyse toegang verkry het.

‘n Vrou van Wonderboom-Suid is in die vroeë oggendure van Dinsdag deur ‘n onbekende man in haar woonstel verkrag.

Die man het op onverklaarbare wyse toegang verkry deur ‘n venster van haar woonstel op die tweede verdieping. Gissings doen nou die rondte dat die indringer die berugte ‘Spiderman’ kan wees wat die Moot al ‘n geruime tyd teister.

Polisiewoordvoerder Adjudant-offisier Dave Muller het die verkragting bevestig.

“Ons kan egter nie bevestig dat dit dieselfde man is nie. Daar is in hierdie stadium absoluut geen bewyse dat ‘Spiderman’ met die verkragting verbind kan word nie. Ons maan inwoners om eerder nie te bespiegel nie,” het Muller gesê.

Die berugte ‘Spiderman’ is al ‘n geruime tyd in die Moot doening. Die polisie het hom so gedoop omdat hy sy diefstalle in die boonste verdiepings van geboue pleeg. Hoe hy toegang verkry, bly ‘n raaisel.

Die dief fokus op elektroniese toerusting, selfone en juweliersware vanuit hoë verdiepings.

‘Spiderman’ het verlede Donderdagaand op twee woonstelle in Gezina toegeslaan en met verskeie goedere weggekom.

Indien jy enige inligting het, stuur asseblief ‘n epos aan editorial@rekord.co.za of skakel 0724357717.

Lees ook:

Moot se eie “Spiderman” slaan toe

Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button