Die polisie is steeds op soek na die moordenaar van die 64-jarige Lourens Erasmus wat in Februarie in Les Marais doodgeskiet is.
‘n Polisieskets van die man is Dinsdag uitgereik en die Wonderboompoort-polisie moedig enigiemand met meer inligting aan om na vore te kom.
Erasmus, wat ‘n tuindiens-onderneming bedryf het, en sy werker het in ‘n tuin gewerk toe ‘n man skielik om die draai in The Grovestraat aangehardloop kom om sy bakkie te kaap. Dié man het vroeër die oggend ‘n BMW in Morganlaan probeer kaap, maar kon nie die voertuig bestuur nie.
Adjudant-offisier Wanda Olivier, polisiewoordvoerder, het gesê die skets is saamgestel uit insette deur die eerste kaping-slagoffer en ‘n buurman.
Die man is tussen 25- en 35-jaar oud. Hy is medium gebou met ‘n donker gelaatskleur. Hy het donker oë, ‘n kort haarstyl en is ongeveer 1,65 meter lank.
Hy het twee letsels op sy regterwangbeen en kan Engels met ‘n aksent praat.
Wonderboompoort se telefonnommer is 012-335-2811.
Indien jy enige inligting het, stuur ‘n epos na editorial@rekord.co.za, of skakel 072 435 7717.
Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:
Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.
