CrimeNews

Kuiertjie ontaard in nagmerrie

’n Vrou het haarself Woensdagoggend in ’n huisroof vasgeloop toe sy by haar vriendin in Roseville gaan kuier.

‘n Niksvermoedende vrou van Wonderboompoort het haar Woensdagoggend in ‘n rooftog vasgeloop toe sy by ‘n goeie vriendin in Roseville wou gaan kuier. Sy is ook haar motor kwyt.

Adjudant-offisier Wanda Olivier, woordvoerder van die Wonderboompoort-polisie, sê drie mans het toegang tot die huis in Roseville verkry en die bejaarde eienares en haar twee huishulpe gedwing om plat op die grond te lê. Een van die indringers was gewapen.

“Die vrou se vriendin het in die middel van die huisroof opgedaag.”

Olivier sê die bejaarde vrou is karnuffel, maar het geen sigbare wonde oorgehou nie. Al vier vroue is beveel om op die grond te lê, maar is nie vasgebind nie.

Die rowers het die bejaarde vrou gedwing om haar kluis aan hulle uit te wys. Hulle het met die kluis in die vriendin se voertuig weggejaag. Die kluis het waardevolle items bevat soos vuurwapens, duur juwele en Krugerrande.

Die polisie stel ondersoek in.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button