CrimeNews

Voertuig terug voor ondersoek begin

’n Gesteelde voertuig met die ratslot steeds gesluit, is teruggevind voordat dit as vermis aangemeld is.

Die oomblik toe ‘n motoreienaar van Villieria besef sy voertuig is weg, het op-en-wakker Kameelfdrift-polisie dit reeds op die Moloto-pad teruggekry.

Polisie het Woensdag-vroegoggend agter die wit Nissa Sentra gery toe hulle onraad vermoed. Volgens Luitenant-kolonel Karel Swanepoel, bevelvoerder van Kameeldrift-polisiekantoor, het die polisiemanne die verdagte voertuig se registrasienommer op hul databasis getoets.

“Die voertuig was nie as gesteel aangemeld nie, maar die polisielede het besluit om dit steeds af te trek,” het Swanepoel gesê.

Twee diewe het dadelik uit die Nissan Sentra gespring en te voet gevlug. Die polisie het hulle agternagesit, maar hulle verloor.

“Ons het die eienaar van die Nissan Sentra probeer opspoor, maar hy het sy adres verander. Gelukkig het die eienaar later die voertuig as gesteel by die Villieria-polisie aangemeld en ons kon dit kopppel,” het Swanepoel gesê.

Die voertuig is terugbesorg met die ratslot steeds gesluit.

Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:

Rekord East

Rekord North

Rekord Centurion

Rekord Moot

Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button