Kleuterskool ontken nou mishandeling
Die hoof van 'n kleuterskool in Die Wilgers ontken nou dat 'n personeelld 'n tweejarige seuntjie mishandel het.

‘n Kleuterskool in Die Wilgers ontken nou dat ‘n personeellid ‘n tweejarige seun mishandel het.
“Ons is bewus van die bewerings, maar sover ons weet is daar glad nie aan ’n kind geslaan nie,” sê Sandra Smith hoof van Heidi Speelkamer.
“Ons het egter ’n werkgewersorganisasie gekontak, en hulle is besig met ’n ondersoek om vas te stel of daar wel aan die kind geslaan is. Dan sal ons optree indien nodig. Die betrokke assistant is nie by die skool terwyl die ondersoek voortduur nie.”
Smith betwis nou ‘n berig in Rekord dat sy bewerings van mishandeling erken het.
“Ons het mekaar misverstaan,” sê sy.
Die pa van ‘n tweejarige seun in die skool, ene Mnr Verwey, sê Smith het ook aan hom ‘n erkenning gedoen.
Verwey het Dinsdag vertel dat ’n ander ouer by die skool het gesien het hoe sy seuntjie teen die kop geklap en rondgepluk word nadat hy ’n toilet-glips gehad het.
Hy het sy weergawe van sy gesprekke met Smith Donderdag herhaal.
“Ek en my vrou en nog ‘n ouerpaar is na die skool toe, waar die hoof aan ons erken dat daar aan ons seun geslaan is, en dat die skuldige assistant afgedank is,” het Verwey gesê.
Hy het intussen albei sy kinders uit die kleuterskool gehaal. Die tweede ouerpaar het dieselfde gedoen.
Lees ook:
Beweerde mishandeling by kleuterskool
Indien jy enige inligting het, stuur ‘n epos aan editorial@rekord.co.za of skakel gerus 072 435 7717.
Vir meer gratis nuus besoek Rekord se webtuistes:
Gaan besoek Rekord op Facebook of volg ons op Twitter
