MunicipalNews

Sypaadjie betonblokke lê die straathoeke vol

Inwoners wil hê die Tshwane-metro moet sypaadjiebetonblokke op die straathoeke in Pretoria Tuine verwyder.

Inwoners van Pretoria Tuine is ongelukkig met die Tshwane-metrowerkers wat sypaadjiebetonblokke op die straathoeke los.

Amper op elke hoek in Louisestraat in Pretoria Tuine lê daar sypaadjiebetonblokke wat metrowerkers daar los as hulle ‘n lekkende watterpyp herstel het.

“Die waterpyp in Louisestraat bars gereeld en as die werkers uitkom om dit te herstel, grawe hulle die sypaadjie op en los die betonblokke op die hoek van die straat,” het inwoner Gert Bezuidenhout gesê.

Hy het ook genoem dat hulle die werkers gevra het om die asbespyp met ‘n plastiekpyp te vervang wat nie maklik bars nie.

“Dit is verbasend dat die metro ons beboet wanneer ons boumateriaal op die sypaadjies het, maar hulle kan betonblokke op straathoeke laat lê,” sê Bezuidenhout.

Nog ‘n inwoner van Louisestraat het ook oor die betonblokke op die sypaadjies gekla wat al ‘n voertuigongeluk veroorsaak het omdat die bestuurder nie ‘n aankomende voertuig kon sien nie.

Lisa Coetzee het oor dieselfde probleem as Bezuidenhout gekla. Sy het gesê betonblokke voor haar buurman se huis lê al maande daar.

“My buurman het al die metro gebel om die blokke te kom verwyder, maar hulle doen dit nie.”

Coetzee het gesê dit is regtig moeilik vir motoriste om in Louisestraat te bestuur omdat die betonblokke hul uitsig belemmer.

Die metro is oor die probleem in kennis gestel.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook, Instagram en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button