Treffer nou vroeër op die grootskerm
Die langverwagte rolprent Ballade vir Enkeling gaan nou vroeër op die skerms wees as wat verwag is.

Ster-Kinekor Entertainment het Maandag aangekondig dat die langverwagte rolprent Ballade vir Enkeling nou vroeër as wat verwag is, landswyd gaan begin draai.
Die rolprent, gegrond op die gelyknamige televisiereeks uit die tagtigs, is verlede Maandagaand aan ‘n groep uitgelese gaste vertoon en die reaksie het ingesluit “uitstekend”, “treffend” en “die beste Afrikaanse rolprent wat die afgelope dekade verskyn het”.
Ballade vir ‘n Enkeling sou eers Vrydag begin draai het, maar daar is besluit dat Suid-Afrikaners vroeër die geleentheid gaan kry om dit reeds Woensdagaand te kyk.
Luidens ‘n verklaring is die voorskou ‘n gulde geleentheid om die wag uit te skakel en die fliek reeds voor die landwye openingsnaweek van 20 Maart te sien.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
