CrimeLocal newsNews

Mes-aanval dalk ‘Spiderman’

'n Vrou wat onlangs met 'n mes aangeval is in haar woonstel, is vas oortuig dat haar aanvaller die berugte "Spiderman" is.

‘n Vrou van Rietfontein blameer die berugte “Spiderman” vir ‘n aanval op haar in haar woonstel op die eerste verdieping.

Amanda Müller (60) sê ‘n man, wat soos ‘n buitelander gelyk het, het haar in Februarie met ‘n mes aangeval toe hy haar en haar sieklike vriendin sowat twee uur lank in die woonstel aangehou het.

“Ek het opgestaan om badkamer toe te gaan, toe ek die man in die gang gewaar. Hy het twee van my steakmesse gevat en my met die mes aangehou, terwyl hy my gevloek en deurmekaar gepraat het oor die regering,” het Müller gesê.

“Hy het ‘n oop wond op sy kop gehad en op my bly skree en vloek om die wond te versorg.”

Sy sê sy het omgedraai en uit die badkamer gestap toe die man op haar afstorm en haar in die gesig probeer steek.

“Ek het gesien hy mik vir my gesig en my ken opgelig. Hy het my toe twee keer in my ken gesteek.”

Haar vriendin het om hulp begin roep en die man het by die venster uitgevlug.

“Ek het ‘n mes gegryp en hom in die rug gesteek, maar voordat ek nog iets kon doen is hy by die venster uit.”

Müller glo dat haar aanvaller dieselfde man is, wat as “Spiderman” bekend staan.

Rekord het vroeër berig dat die “Spiderman” al by meer as een geleentheid op ‘n onverklaarbare manier by tweede en derde verdieping woonstelle in die Moot ingebreek, juwele en ander waardevolle items gesteel, en selfs ‘n vrou verkrag het.

Müller sê: “Ek glo vas dat dit dieselfde man is wat my aangeval het.”

Anton Breedt, woordvoerder van die Moot-polisiekantoor, sê die polisie stel ondersoek in.

Lees ook:

Moot se eie Spiderman slaan toe

Wonderboom vrou in woonstel verkrag

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

  • Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button