Waterprobleem frustreer inwoners
Wateronderbrekings veroorsaak 'n enorme kopseer in Florauna en Ninapark.
Wateronderbrekings verontrief inwoners van Florauna en Ninapark al vir langer as ‘n week.
“Dit is belaglik en totaal en al onaanvaarbaar,” sê Carina van Jaarsveld van Ninapark. “Ek kan nie verstaan waarom iets eers heeltemal stukkend of oor die muur moet wees voordat die Tshwane-metro tot aksie oorgaan nie.”
Bertus Pretorius van Florauna sê sy sake-onderneming staan stil omday hy nie sonder ‘n konstante vloei van water kan funksioneer nie.
Raadslid Dana Wannenburg van die Demokratiese Alliansie (DA) blameer swak instandhouding.
“Die Tshwane-metro het nie seker gemaak dat daar genoeg water in die reservoir is nie. Die reservoir was op 4% toe die inwoners begin kla het oor die waterdruk.”
Teen die tyd dat die metro aandag aan die probleem begin gee het, was die reservoir reeds leeg.
Metro-woordvoerder Blessing Manale sê die drukking van die water in die reservoir is weer aan die opbou en op pad terug na normaal.
Lees ook:
Load shedding to disrupt water supply
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
- Ons wil hê jy moet altyd weet wat in jou gemeenskap aangaan. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za vir jou gratis daaglikse nuusflits.
