MunicipalNews

Straatligte veroorsaak steeds kopseer

Straatligte in Theresapark is steeds buite werking.

Onklaar straatligte in Willem Cruywagenstraat in Theresapark bring oproer onder inwoners.

Joyce Moloantoa het gesê sy het die probleem in Desember en weer onlangs by die metro aangemeld, maar niks word gedoen nie.

“Die misdaadsyfer in hierdie straat styg daagliks omdat die diewe weet hulle kan in die donker verdwyn,” sê Moloantoa.

Raadslid Dana Wannenburg van die Demokratiese Alliansie sê mense moet die paalnommer asook die straat naam SMS na die metro wanneer daar ‘n probleem ontstaan met straatligte.

Hy meen die vertraagde reaksie van die metro is onaanvaarbaar.

Blessing Manale van die Tshwane metro het nie gereageer op ‘n navraag oor die straatligte nie.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button