EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Volg ons vir ‘n aand van glans

Sien jy uit na die Ghoemas?

Die room van die Afrikaanse musiekindustrie kom vanaand by die Staatsteater in Pretoria bymekaar vir die jaarlikse Ghoematoekennings. Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, Lianie May en Steve Hofmeyr is maar enkele van die bekendes wat hoop om ‘n toekenning op te raap.

Die hoofstad spog met nie minder nie as 18 benoemdes.

Die gehoor kan uitsien na ‘n aand van opwinding en glans met optredes deur Nicholis Louw, Nadine, Bobby van Jaarsveld, Riana Nel, ADAM, Willem Botha, Elizma Theron, Monique, Dewald Wasserfall, Charlize Berg, Liza Bronner en Elvis Blue.

Groot nuus is dat die internasionale Belgiese sangsensasie Dana Winner ook vanjaar ‘n eregas by dié geleentheid sal wees waar sy haar splinternuwe treffer, Lied van Hoop, sal sing.

Vir die wenners, beeldskone uitrustings en natuurlik skindernuus, volg ons op twitter @RekordNewspaper vir nuus regstreeks van die Staatsteater. Stuur vir ons jou foto’s by die Ghoematoekennings na editorial@rekord.co.za

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button