CrimeNews

Oorgroeide gras agter huis rede vir huisbraak

Inwoner blameer oorgroeide gras agter haar huis vir 'n inbraak Vrydag by haar huis.

‘n Claremont-inwoner is ongelukkig oor ‘n inbraak by haar huis Vrydagmiddag. Wilma Coetzee sê oorgroeide gras aan die agterkant van haar huis is te blameer vir die huisbraak.

“Ek het gevra dat die munisipaliteit asseblief die gras kom sny, maar niks is gedoen nie. Dit is al drie maande dat ek vir hulle wag om die gras te sny,” sê Coetzee.

Coetzee het Saterdag na die inbraak besluit om self die gras agter haar huis ‘n bietjie te sny. Sy sê lang gras buite haar erf is die rede waarom sy sukkel om haar huis te verkoop omdat mense dit as ‘n veiligheidsrisiko sien.

“Ek wil op pensioen gaan en my huis verkoop, maar niemand wil dit koop nie as gevolg van die oorgroeide gras nie. Ek weet nie wat om te doen nie. Na die inbraak lewe ek in vrees.”

Coetzee sê die inbrekers het klere en komberse uit haar ma se kamer gesteel. Haar huis se een venster aan die kant van die lang gras is gebreek om toegang tot die huis te kry.

“Toe ek vir die munisipaliteit ‘n epos stuur oor die inbraak, het hulle net vir my gesê hulle is jammer vir wat gebeur het,” sê Coetzee.

Die saak is by die Hercules-polisie aangemeld en word ondersoek.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na breakingnews@rekord.co.za om jou nuusflits gratis te ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button